5th of December at 8:30 PM

Aanhangers van Countrymusiek en musiekliefhebbers in die algemeen kan gerus notisie neem van West, die nuwe treffergroep bestaande uit Ernie Bates (van Overtone-faam), Mac Young en Hugo Hewitt. Die driemanskap blaas nuwe lewe in Countrymusiek met hulle harmonieuse vertolking van Countrytreffers wat nie net gesoute aanhangers tevrede sal stel nie, maar ook van ‘n nuwe generasie aanhangers maak. Dis dan ook heel gepas dat Charlie Pride se “I’m So Afraid of Losing You Again” een van die treffers is wat op West se eerste CD verskyn .